Local newsNews

Stoffies raap trofeë op by die interhoër

Die skool se atlete en ondersteuners het op die baan sowel as langs die baan hul bes gegee.

Die Hoërskool Stoffberg het behoorlik presteer by die interhoër wat onlangs te Boksburg Stadion plaasgevind het.

Die skool het nie net die geesbeker en rasieleier-trofee gewen nie, maar ook die trofee vir beste dogterspan.

Onder die meisies het Loeché Oosthuizen die trofee vir beste junior veldatleet ingepalm, Le-Lucia Woest die trofee vir beste junior baanatleet en Anja Boshoff het die senior Victrix Ludorum opgeraap.

Stoffies se dirigente was as die tweede beste dirigente span gekroon.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button