Local newsNews

Anker atlete floreer by twee byeenkomste

Die skool se atlete het aan twee interhoër byeenkomste deelgeneem en by elk vele medaljes ingepalm.

Hoërskool die Anker het onlangs aan twee interhoër atletiekbyeenkomste deelgeneem en by beide goed gevaar.

Die eerste was die NWU Groep 5 Super Inter op 13 Februarie in Pretoria en die tweede was die Afrikaanse Uitnodigings Interhoër in Meyerton op 16 Februarie. Die Anker het by die Super Inter ‘n algehele tweede plek teen agt ander skole behaal.

Die skole wat ook deelgeneem het by die Pilditch Stadion was Dinamika, Oosterlig, Riebeeckrand, Florida, Alberton, Birchleigh, Pretoria Boys High en Pretoria Girls High.

By hierdie byeenkoms het Die Anker atlete 29 goue medaljes gewen, asook 28 silwer en 13 brons. Die Afrikaanse Uitnodigings Interhoër was by Hoërskool Dr Malan teen Dr Malan, Oosterlig, Leeuwenhof en Brandwag.

Die skool het hier ook algeheel tweede gekom met 33 goue medaljes, 31 silwer en 22 brons.

By hiérdie byeenkoms was daar ook trofeë deur Anker atlete opgeraap. Dit het ingesluit senior Victor Ludorum (JP van den Berg), beste senior seuns baanatleet (JP van den Berg), senior Victrix Ludorum (Krize Joubert), beste senior dogters veldatleet (Krize Joubert), en beste senior seuns veldatleet (Xander Roux).

Related Articles

Back to top button