VLU lede raak touwys

Die lede het, nadat hulle die verskeie knope geleer het, hul eie sleutelhouers gevleg.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou Unie het Dinsdag vergader om meer te leer oor macramé, sowel as om reëlings te tref vir die jaar se uitstappies en geleenthede.

Die lede se grootste projek tans is die ‘I can’ blikkies.

Dit behels die insameling van herwonne blikkies. Dit kry ‘n nuwe omhulsel en ‘n motiverende boodskap daarop en het ‘n ‘amigurumi’ speelding daarin.

Die hoop is om 50 sulke blikkies voor Mei te skenk en die lede sal tydens volgende maand se vergadering leer hoe om die gehekelde speelgoed (amigurumi) te maak.


Mary-Anne Sargeant leer by Linda Dreyer hoe om die knope reg te doen terwyl Engela de Villiers, Anita Havenga, Sylvia Smith en Delores van Rooyen toekyk.

Die kleiduifskiet fondsinsamelingsprojek vind plaas op 10 Mei in Pretoria, en die konferensie is op 2 Maart, waar die Brakpan tak vir die 11:00 tee gaan sorg.

Sondag bak die lede weer pannekoek by die Just Wheels opedag.

Nadat die formaliteite afgehandel is, het Linda Dreyer gedemonstreer hoe om macramé knope te maak. Die lede het, nadat hulle die verskeie knope geleer het, hul eie sleutelhouers gevleg.

Sy het vir die vroue die basiese knope gewys, en verduidelik wat die verskillende toue en koorde is.




ALSO READ: Local has eyes on Mrs SA crown

ALSO READ: Withok resident and business owner donates radios for rural safety

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version