Ekurhuleni se ‘halwe job’ is nou voltooi

Die rede vir die oponthoud was die toestand van die vorige plaveisel.

Die Brakpan Herald het 8 Februarie berig oor die onvoltooide werk aan ‘n watermeter in Kitzingerlaan (Metro doen ‘n ‘halwe job’ sê inwoner).

Kommentaar van die Stad van Ekuruleni was teen druktyd nie ontvang. maar op 9 Februarie het die metro wel gesê dat die herstelwerk voltooi is.

“Die werk aan die stukkende watermeter is op 25 Februarie begin, maar as gevolg van die toestand van die bakstene wat verwyder is (om by die watermeter uit te kom) moes die kontrakteur eers addisionele bakstene bekom om die herstelwerk te voltooi,” het Zweli Dlamini, die woordvoerder vir die stad, gesê.

Die herstelwerk was geskeduleer vir 9 Februarie.

Stoffel Kruger, die inwoner wat oorspronklik die onvoltooide herstelwerk onder die Herald se aandag gebring het, het bevestig dat die herstelwerk Vrydag voltooi is.

“Dit is baie goed gedoen,” het hy gesê.

Exit mobile version