Veterane Hengel Klub wys top hengelaars aan

Uit die ongeveer 40 lede is 12 in hulle sewentigerjare en drie van die lede is ouer as 80 jaar.

Die Benoni Veterane Hengelklub wat hengelaars van die Oos-Rand sowel as die Vaaldriehoek en Heidelberg insluit het op 6 Februarie hul jaarlikse prysuitdeling gehou.

Die klub, wat in sy 40ste bestaansjaar is, is spesifiek vir hengelaars bo die ouderdom van 60 jaar.
Uit die ongeveer 40 lede is 12 in hulle sewentigerjare en drie van die lede ouer as 80 jaar.

Die lede kom een keer ‘n maand op ‘n Dinsdag byeen waar hulle visvang uitstappies en kompetisies geniet.

“So te sê al die lede kom nog op hul eie reg en doen alles sonder hulp,” het Rico Reyneke, Benoni Veterane Hengel Klub voorsitter gesê.

“Ons hou ons interne kompetisies en elke lid beywer hom- of haarself alewig om die beste hengelaar in die klub te wees” het Reyneke bygevoeg.

Die top toekennings vir 2023 is Deon Smit (Benoni Veterane Hengel Kampioen), Sarel Eloff (Goue Oue Hengelaar van die Jaar), Bets Grobler (Dames Kampioen Hengelaar).

Johan Donald was die lid wat gedurende 2023 die meeste visse gevang het. Hy het altesaam 71 visse kant toe gebring.

Also read: Anker hengelaars trotseer koue water

Exit mobile version