LettersNews

Brief: Goeie tye in biblioteek sal onthou word

Kinders het die drumpel van daardie biblioteek deurgetrap.

Anke Brink skryf per e-pos:

(Met verwysing na die Herald se voorblad oor die biblioteek wat afgebrand het).

So sal alles wat nog iets in die dorp beteken ten gronde gaan.

Ons gesin woon al meer as 40 jaar in die dorp en ek kon nooit verstaan waarom daar in die eerste plek ‘n nuwe biblioteek gebou moes word nie.

Lees ook: Geskiedkundige biblioteek gebou brand

Ja, die plek is effe groter maar die hoeveelheid boeke en diens is nie juis iets om oor huis toe te skryf nie.

Om toe te laat dat so ’n geskiedkundige gebou vernietig word, is getuienis van die kommerwekkende tye waarin ons, onsself bevind.

My drie kinders het die drumpel van daardie biblioteek deurgetrap.

Die reuk, die stilte, die puik diens en die lang middae in die naslaanafdeling sal my altyd bybly.

Ons het die Sondag na die brand gery en gaan kyk en ek was met woede gevul toe ons daar wegry.

Maar wie gee eintlik om? ‘n Paar gesoute Brakpanners wat die voorreg gehad het om, wat eens ‘n pragtige biblioteek was, te kon besoek.

Darem is daar nie veel meer wat ten gronde kan gaan in die dorp nie. My swak hart sal dit nie kan nou nie.

Lees ook: Incompetence blamed for library fire

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button