Local newsNews

Ankers maak hul skool trots deur harde werk

Die leerders het hard gewerk vir hul onderskeidings.

Die lang gewag vir die matriekuitslae is uiteindelik verby.

Matrikulante van Hoërskool Die Anker het Vrydag hul matriek uitslae by die skool, wat met ’n slaagsyfer van 98% spog, gaan afhaal.

Die skoolhoof, Stefan Killian, is baie trots op al die matrikulante van 2023, en veral op die ses leerders wat drie of meer onderskeidings behaal het.

“Dit was net harde werk wat gelei het tot hierdie punte wat hulle bereik het,” het Killian gesê.

“Die leerders het hulself regtig bewys, en hul uitslae getuig van hoeveel tyd hulle, hul ouers en die onderwysers ingeploeg het. Ek is baie gelukkig.”

“Van my kant af en van die skool se kant af sê ons baie dankie,” het hy bygevoeg.


Shanedene Jansen het drie onderskeidings behaal in Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en wiskunde geletterdheid.

Dané Goosen was die skool se top presteerder wat sewe onderskeidings behaal het.

Dit is die eerste keer in ’n hele paar jaar dat ’n leerder van die skool sewe onderskeidings kon behaal.

Dié uitblinker was ook die hoofdogter van 2023, Anker van die Jaar en het aan verskeie buitemuurse aktiwiteite deelgeneem.

Die ander top presteerders is: Shené Ross wat vyf onderskeidings behaal het, Chanri Luis en Zander Welding wat elke vier behaal het asook Claudia Doman, Shanedene Jansen en Ellené Brisley wat elk drie onderskeidings agter hul naam het.

Vir die matrieks wat nou die res van hul lewens instap het Killian die volgende woorde gelaat: “Onthou net om aan te hou hard werk. Julle is nou in die grootmens lewe, so hou die skool se slagspreuk in gedagte: Bly altyd geanker in geloof.”


Related Articles

Back to top button