Oud-Dalwer skryf agt onderskeidings los

Hy het sy hoërskool studies aan Helpmekaar Kollege in Johannesburg voltooi.

Die vreugdevure het hoog gebrand in die ouerhuis van Dalpark inwoner, Petri Botha, wat agt onderskeidings in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamen behaal het.

Die uitslae van die IEB is Woensdag bekend gemaak. Petri is ‘n oud-leerder van die Laerskool Dalview waar hy ook as hoofseun gedien het.

Hy het sy hoërskool studies aan Helpmekaar Kollege in Johannesburg voltooi en het onderskeidings in die volgende vakke behaal: Afrikaans huistaal, Engels EAT, wiskunde, fisiese wetenskap, rekeningkunde, geografie, toerisme en lewensoriëntering.

Vir wiskunde het dié skrander leerder ‘n allemintige 97% persent behaal.

Ten spyte van ‘n besige akademiese program, het Petri ook sy vlieglisensie in sy Graad 11 jaar by die Blue Chip Flight School te Wonderboom Lughawe verwerf.

Hy gaan BCom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version