Local newsNews

Weldoener skenk groente aan ouetehuise

Die GPF daag besighede en inwoners uit om ook hulle oortollige groente te skenk.

‘n Plaaslike weldoener, Riaan Marais het Woensdag ekstra groente van sy plot in Withok geskenk aan die Brakpan Gemeenskapspolisieëringsforum (GPF), om te versprei onder ouetehuise in die dorp.

Eventide Ouetehuis en inwoners van Tweedy Park het die groente ontvang, wat ‘n verskeidenheid pampoene en spinasie ingesluit het.

Rdl Riaan van Zyl van die VF Plus het die oorhandiging meegemaak en het inwoners en besighede van Brakpan uitdaag om ook hul ekstra groente en kos te skenk aan die tehuise van die dorp.

“Die senior burgers van ons dorp is vir ons baie belangrik,” het hy gesê.

“Ons wil al hierdie mense wat betrokke is by die GPF en gemeenskapsdiens byeen bring en saamwerking bewerkstellig om vir die bejaardes in ons dorp te sorg.

“Dis hartseer wanneer jy by ‘n ouetehuis instap en al wat die bejaardes wil doen is om te gesels. Hulle verlang net ‘n bietjie liefde en sorg. Om groente te skenk is vorm van liefde en sorg,” het Van Zyl gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button