Oefensessies neem aanvang by Brakpan Rugbyklub

Die sessies sal elke Dinsdag- en Donderdagaand plaasvind vanaf 18:45 tot 21:00.

Die Brakpan Rugbyklub, wat ‘n tuiste by die Bosman Stadion te Abercornstraat het, is reeds besig met voorbereidings vir die 2024 seisoen.

Senior rugbyspelers word uitgenooi om vanaf 9 Januarie weeklikse oefensessies by te woon.

Die sessies sal elke Dinsdag- en Donderdagaand plaasvind vanaf 18:45 tot 21:00.

Spelers word versoek om rugbytoks en tekkies na die oefensessies te neem.

Nuwe spelers is welkom om in te skakel. Vir meer inligting kan ’n e-pos gestuur word na sarel@brakpanrugby.co.za



LEES OOK: Marnitz secures championship

LEES OOK: Smit named Eastern Storm women’s batter of the year

Exit mobile version