Local newsNews

Graad Een juffrou tree af na 38 jaar

Dié onderwyseres het haar hele loopbaan by Laerskool Dalview deurgebring en sal altyd haar kollegas en leerders onthou.

Ansie Berowsky het onlangs vir oulaas ‘uitgeklok’ by die Laerskool Dalview toe sy tydens die skool se uitklokseremonie vir die laaste keer die klok gelui het.

Dié Graad Een onderwyseres tree nou af, nadat sy vanaf 1 Januarie 1986 af by die skool werksaam was.

“Ek het as jong onderwyseres by Dalview begin, en sommer as ‘n Graad Een juffrou; die grootste uitdaging vir enige jong onderwyser,” het sy vertel.

“Daardie jare was die klasse groot, met ongeveer 37 of meer leerders en jy moes dit maar net laat werk.”

Ansie se grootste vreugde was om te sien hoe haar leerders vorder van die begin van die jaar na die einde, deur harde werk, motivering, inoefening, herhaling en soms raas en baklei met drukkies daarna.


LEES OOK: Gras by Tweedy Park word deur weldoeners gesny 


Sport was ook baie na aan haar hart en sy het die juniors op die netbalbane en atletiekveld afgerig. Sy was opteller en hulpafsitter, en na die atletiek seisoen het sy haar op landloop toegespits.

“Landloop was al die jare ‘n lekkerte en ek het elke seisoen saam die kinders gehardloop, al was dit agter,” het sy vertel.

“Op kultuurgebied het ek ook gehelp met kunswedstryd afrigting en wanner daar revue was.

“Ek sal altyd my kollegas en mede Graad Een onderwysers onthou. Daar is nie ‘n beter band van kameraderie êrens in die wêreld nie.

“Dankie aan almal wat deel van my pad was by die Laaerskool Dalview. Dit sal my altyd by bly en ek gaan baie verlang.”



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button