Local newsNews

Help só om kinders se feesseisoen spesiaal te maak

Enige finansiële hulp of skenkings van kos, geskenke, toiletware en veral skryfbehoeftes is welkom.

Die vakansie- en feesseisoen is hier en dit is ‘n tyd om uit te sien na luilekker dae en gesinstyd. Die bestuur van Mother’s Nest in Brakpan, ‘n veilige hawe vir 19 kinders, wil ook die feesseisoen vir hul inwoners spesiaal maak.

Mother’s Nest dien as ‘n plek van veiligheid vir kinders wat weens verskeie redes nie in die sorg van hul ouers is nie. Die kinders wat tans daar gehuisves word se ouderdomme wissel van ses tot 19 jaar.

Die algemene bestuurder van Mother’s Nest, Emma Ferreira, het verduidelik die bestuur doen alles in hul vermoë om ’n sekere mate van normaliteit vir die kinders te bied.

“Dit is egter ’n opdraande stryd aangesien ons baie sterk staatmaak op skenkings en ondersteuning van die publiek en sakeondernemings,” het Ferreira verduidelik.

“Ons het vorige jare ondervind dat die hulp veral met die aanloop tot Desember en gedurende Desember opdroog en dit is juis wanneer ons daardie bietjie ekstra benodig,” het Ferreira gesê.


LEES OOK: Take a front page photo and win


“Ons sit gedurende Desember steeds met ons daaglikse en maandelikse uitgawes soos munisipale rekening, fondse vir diesel en petrol, en ander uitgawes soos kruideniersware en salarisse.

“Net soos ander huishoudings wil ons ook graag ons kinders oor die feestyd bederf maar ons het eenvoudig nie die fondse om dit te doen nie.”

Ferreira het gesê enige finansiële hulp of skenkings van kos, geskenke, toiletware en veral skryfbehoeftes vir volgende jaar baie hoog op prys gestel sal word.

“Indien dit vir ons moontlik is neem ons die kinders op uitstappies maar dit verg fyn finasiële beplanning en hulp van die publiek.”

Persone wat hul weg oop sien om te help kan Emma Ferreira by 060 743 9825 of die fondsinsamelaar Bonita Roast by 078 541 7054 skakel.



LEES OOK: Gauteng Health MEC curbs the spread of diabetes

LEES OOK: Ekurhuleni serial rapist: sentencing postponed as no bed available at Weskoppies

Related Articles

Back to top button