Le-Lancia Woest is die veelsydigste junior sportdogter van die jaar.
Laerskool Dalview het onlangs hul prysuitdeling gehou waartydens leerders beloon is vir hul prestasies gedurende die jaar.
Lanieke Visser is die Dalviewer van die jaar.
Keagan van Jaarsveld en Trinity Henning is die veelsydigste senior sportseun en -dogter vir die haar, asook senior sportseun en -dogter van die jaar.
Lanieke Visser en Zananté du Toit is die senior en junior redenaars van die jaar.
Lanieke Visser en Lynlee Oosthuyzen is die junior en senior kultuurtrofee wenners vir die jaar.
Die top akademiese presteerders was Maresa Willemse (Graad Vier), Nelischka Drotsky (Graad Vyf), Christopher Nagel (Graad Sewe) en Mia Pitzer (Dux leerder, Graad Ses).