Local newsNews

Konsert ter viering van legendariese operasanger

Die seremoniemeester vir die aand is die stigter van die operageselskap SittOpera, Harald Sitta.

‘n Groep operasangers van die Oos-Rand gaan op 2 Desember ‘n konsert aanbied om die lewe van die legendariese sopraan, Maria Callas te vier.

Callas sou op 2 Desember haar 100ste verjaarsdag gevier het.

Sy sal veral onthou word vir haar bydrae om ou vergete operas, soos Lucia Di Lammermoor van Donizetti en I Puritani van Bellini weer onder die publiek se aandag te bring.

In Suid-Afrika het Callas ook talle Suid-Afrikaanse sangers beïnvloed met haar hoë standaarde en absolute perfeksie.

Om hierdie legende te vereer het verskeie Suid-Afrikaanse operasangers en toevallig almal van die Oos-Rand, saamgespan met Sitta Opera en The Aldrich Ensemble om op 2 Desember ‘n konsert by die AfriForum Teater in Pretoria aan te bied.


LEES OOK: Life Dalview named best small hospital


Die sangers wat gaan optree is die Brakpan inwoner, Andries Aldrich (bariton), die Boksburg mezzosopraan Tracey-Lee Booyens, die Springs tenoor Sibusiso Simelane en die oud-Springs inwoner, Sonica Rickinson (wat tans in Midrand woon) sopraan.

“Ons sangers gaan op klavier begelei word deur ons eie Oos-Rand legende, Paddy Jeffery,” het Andries Aldrich verduidelik.

Die seremoniemeester vir die aand is die stigter van die operageselskap SittOpera, Harald Sitta.

“Ons gaan Pretoria op horings neem met hierdie spog konsert. Natuurlik sal werke uit operas, waarvoor Maria Callas bekend was, soos Rigoletto, La Traviata en Madame Butterfly om ‘n paar te noem, opgevoer word,” het Aldrich gesê.

Die konsert sal om 18:00 begin en kaartjies kan verkry word by www.afriforumteater.co.za


LEES OOK: VLU sluit jaar af met prysuitdeling




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button