Local newsNews

Hek en heining by Tweedy Park herstel

Die groep het die hek vervang en lemmetjiesdraad gespan om die bejaardes te beveilig.

Lede van die Brakpan Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het onlangs moue opgerol om die Tweedy Park Kompleks te beveilig deur die hek en muur, wat onlangs beskadig is, tydelik te herstel.

Brakpan GPF voorsitter Tinus Jordaan, GPF lid Kevin Janse van Rensburg, VF+ rdl Riaan van Zyl het met die hulp van ‘n werker daarin geslaag om ‘n gebuigde hek te vervang.

Die hek was al vir ‘n geruime tyd gebuig en het ontspoor. ‘n Grensheining van die kompleks is vroeg in Oktober beskadig toe ‘n boom omgeval het.

Die boom is verwyder, maar die heining is nooit herstel nie. Die lemmetjiesdraad is tydelik deur die groep gespan om ongewenste elemente uit te hou en die bejaarde inwoners te beveilig.

“Die VF Plus sal ook druk op die departement plaas om so gou moontlik die heining ten volle te gaan herstel,” het van Zyl gesê.


ALSO CHECK: Ongeluk slagoffer ter ruste gelê

ALSO CHECK: OPVOLG: Hendrik van Dyk se moordenaar nog op vrye voet




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button