Leerder beleef blink jaar

Ettienne Smit is onlangs as die onderhoofseun van Hoërskool Dr EG Jansen aangewys.

Ettienne Smit (17), ‘n Graad 11 leerder aan Hoërskool Dr EG Jansen het vanjaar bo verwagting presteer.

Ettienne, ‘n inwoner van Brakpan, het vroeër die jaar deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek Kampioenskappe, waar hy ‘n vierde plek in die spiesgooi behaal het.

Ettienne het ook uitgedraf vir sy skool se eerste rugbyspan, maar het ‘n terugslag beleef toe hy tydens die Valke proewe ‘n ernstige besering opgedoen het en ‘n operasie moes ondergaan.

Hy het dus ‘n groot gedeelte van die rugbyseisoen gemis maar het met harde werk homself bewys. Dit het daartoe gelei het dat hy gekies is om Suid-

Afrika en sy skool by die Wêreld Skole Rugby Spele, wat gedurende Desember in Thailand plaasvind, te verteenwoordig.

Dié kranige sportman is ook onlangs gekies as onderhoofseun van Dr EG Jansen en is aangewys as senior sportseun van die jaar en ook atletiek seun van die jaar.



ALSO CHECK: Beekeepers warn of fake honey

ALSO CHECK: Black Friday is a great opportunity to save money on essentials

Exit mobile version