Local newsNews

Anker leerder deel van spogkoor

Carli Schutte is die enigste Graad Agt leerder van Gauteng wat deel is van die koor.

Carli Schutte, ‘n Graad Agt leerder aan HoĆ«rskool die Anker, is uit 1 600 kinders gekies om deel te wees van die Sing in Harmony Nasionale Senior Kinderkoor wat in 2022 op die been gebring is.

Sy is die enigste Graad Agt leerder van Gauteng wat in die koor sing.

Die koor begeleidster is Karina Erasmus, wat ook een van die beoordelaars is vir die Sing in Harmony Koor Kompetisie, sowel as die begeleidster van die Tygerberg Kinderkoor, wat huidig die tweede beste koor in die wĆŖreld is.

Die werwingspaneel het 70 skole van regoor Suid-Afrika besoek vir oudisies, waar sangers deur ‘n streng verkiesingsproses gegaan het.

Die koor het tans 60 lede tussen die ouderdomme van agt en 14 van regoor Suid-Afrika. Koorlede ontvang professionele musiekopleiding en sangklasse van gekwalifiseerde sangafrigters.

Die koor beplan om in Desember 2023 ‘n Europese toer aan te pak waar hulle saam met ander Europese kore gaan optree.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button