Minderbevoorregtes vergeet sorge vir ‘n wyle

Die mense is behoorlik bederf om hulle weer spesiaal en geliefd te laat voel.

Die Woord en Lewe gemeente, in samewerking met Worthy Street Ministry, Chery Suid-Afrika en RATA Maatskaplike dienste het op 21 Oktober ‘n ‘street shower’ vir sowat 225 mense aangebied.

Die geleentheid behels dat haweloses en minderbevoorregte mense bymekaarkom, waar hulle versorging, kos en emosionele ondersteuning kry.

Huis Bethlehem Huis van Brood, Soul Outreach Community Upliftment, Psalm 91 NPO, Truth Heals NPO en vrywilligers het gehelp om die groot groep mense by te staan.

Die Good Vibes Pub and Grill in samewerking met Clan 3663 van die Crusaders motorfietsklub het ook ondersteuning gebied.


Haweloses het hare en naels laat versorg by die salon stasie. Foto: Charma du Plessis.

Die mense wat van die `street shower’ gebruik maak, ondergaan eerstens ‘n gratis basiese mediese ondersoek.

Hulle word basiese medikasie, behandeling en raad gegee, waarna hulle na die volgende stasie gaan. Hier ontvang hulle ‘n nuwe stel klere, onderklere, ‘n paar skoene, en ‘n handdoek.

Hulle kry dan die geleentheid om ‘n warm stort te neem, waar hulle kan hare was en tande borsel.

Na die stort gaan hulle na ‘n punt waar hulle kan hare sny, skeer, en waar hul vinger- en toonnaels versorg word. Hulle kry selfs die haarsnit waarvoor hulle vra.


LEES OOK: Damesoggend sorg vir kos vir die siel


Na hierdie sessie beweeg die mense na ‘n koffiestasie, waar hulle ‘n warm koppie koffie of tee en ‘n muffin kan geniet.

Daarna wag ‘n behoorlike maaltyd, wat hulle dadelik kan eet of wegneem en by die volgende stasie ontvang hulle ‘n pakkie lekkers, drinkgoed, vrugte en groente om weg te neem.

Dié wat wou, kon ook na ‘n punt beweeg waar tweedehandse Bybels uitgedeel is. Hier kon hulle emosionele ondersteuning kry en ‘n geleentheid om saam met die kerklede te bid.

Die mediese personeel wat die ondersoeke gedoen het, bestaan uit Guardian Angels First Response, sowel as EMS Chaplaincy and Trauma Support.


LEES OOK: Sip ‘n crochet makes friendship blanket squares




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version