Die halfeindstryd tussen die Springbokke en Engeland Saterdag op die Stade de France was ‘n rillerstryd.
Die Engelse het alles in die stryd gewerp om die Springbokke se Wêreldbeker-droom in die wiele te ry maar die Bokke het terugbaklei en die wedstryd met 16-15 gewen.
Nou wag die groot eindstryd Saterdag wanneer die wêreld se nommer een en twee spanne mekaar die stryd aansê om te bepaal wie die gesogte Web Ellis trofee omhoog sal hou.
Gaan dit die Bokke wees of gaan dit Nieu-Seeland wees?
Rugby geesdriftiges het Saterdagaand toegesak op kuierplekke in die dorp om die halfeindstryd op televisie te volg.
Benoude oomblikke gedurende die grootse gedeelte van die wedstryd het verander in groot feesvieringe toe Handré Pollard die wenpunte in die laaste minute van die wedstryd aangeteken het.
LEES OOK: Action heats up in league
LEES OOK: SADAG introduces two new online support groups