Local newsNews

Môrrie verteenwoordig skool by modelkompetisie

Die tema was hoede, skoene en sakke, en liefdadigheid was aan die orde van die dag.

Lianie van Wyk, ‘n Graad Sewe leerder aan die Laerskool Môrewag, het onlangs deelgeneem as een van die top 10 finaliste by die Mr & Miss Gauteng Schools ‘grand finale’ in Midstream.

Die kompetisie is ‘n liefdadigheidsprojek, wat sorg dat daar vir minderbevoorregte matriekmeisies matriekafskeid rokke ontwerp en gemaak word.

Die kompetisie borg sowat 30 meisies met ‘n ontwerpersrok, sowel as 15 met beurse vir verdere studies.

Finaliste van die kompetisie moes ook self liefdadigheidsprojekte aanpak, en Lianie het onder andere kos koepons, kospakkies en komberse aan hawelose mense gegee.


LEES OOK: Rolspelers vat hande tydens massapatrollie

LEES OOK: OPINION: Waiting in vain for road to be fixed




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button