Local newsNews

Kos-koopbewys projek van stapel gestuur

Die koopbewyse kan omgeruil word vir 'n bord kos by twee plekke in die dorp.

Die Woord en Lewe Kerk in samewerking met Soul Outreach and Upliftment in Brakpan het in September ‘n gemeenskapsprojek van stapel gestuur, wat behels dat die publiek koopbewyse koop wat geruil kan word vir kos.

Die idee is dat die koopbewyse aan bedelaars gegee word in plaas van geld, wat hulle dan kan omruil vir ‘n bord kos by twee plekke in die dorp.

Die koopbewyse kos R10 elk, waarvan R5 na die kerk gaan, en R5 na Soul Outreach vir die aanskaf van kos vir die projek.

Die instansies in Brakpan waar koepons omgeruil kan word vir kos is by RATA se kantore by Parkstraat 38 en by Soul Outreach by Hamiltonlaan 157.

Koopbewyse kan by sewe plekke in die dorp en omliggende dorpe gekoop word, en kos kan ook hier afgehaal word, met koeponhouers wat eerste bedien word.

Die plekke waar koopbewyse of kos gekry kan word, sowel as die dae en tye, is as volg:

• Ilene’s Place in Reiger Park op Dinsdae en Donderdae vanaf 15:00.

• Chosen Generation Assembly in Windmill Park op Woensdae vanaf 12:00.

• AFM Lifestyle Family Centre in Reiger Park op Woensdae vanaf 14:00.

• Woord en Lewe Kerk in Sunward Park op Dinsdae vanaf 9:00.

• RATA in Brakpan van Maandag tot Vrydag vanaf 12:00.

• Soul Outreach and Upliftment in Brakpan op Woensdae vanaf 15:00.

• AFM Tower of Light in Boksburg op Woensdae vanaf 12:00.


ALSO READ: Residents and businesses urged to save water

ALSO READ: Lace up for the Pineapple Walk




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button