Local newsNews

Jy kan steeds wen met jou Bokfoto

Die sluitingsdatum vir die kompetisie sal is 30 Oktober om 09:00.

Rugbykoors het Sondagaand ‘n top punt bereik toe die Springbokke naelskraap (29-28) met die Franse afgereken het om hul plek in die halfeindstryd teen England te beklink.

Sou die Bokkie dié wedstryd Saterdag wen, sal hulle in die finaal te staan kom teen die wenners van die wedstryd tussen Argentina en Nieu-Seeland.

Uit die aard van die saak is dit fantastiese nuus vir elke Bokondersteuner maar ook vir inwoners van die dorp wat nog steeds ‘n kans staan om ‘n etebewys van Maxi’s in die Mall@Carnival te wen.

Dit is maklik om in te skryf:

Stuur vir ons ‘n foto wat wys dat jy ‘n stoere Bok-ondersteuner is. Die foto kan by ‘n vorige wedstryd of geleentheid geneem gewees het, maar mag nie ouer as ses maande wees nie.

Dit kan ook tydens die Bokke se kragmeting teen Engeland (of hopelik tydens die finaal) geneem word, waar jy die wedstryd op televisie, by jou huis of by ‘n kuierplek, volg.


LEES OOK: Kit Kat Cash and Carry: Retail kings with heart


Daar kan meer as een persoon in die foto verskyn maar die persoon wat die foto inskryf sal die prys ontvang.

Name en vanne van almal in die foto moet aangedui word asook inligting oor waar en wanneer die foto geneem is. As jy nie so ‘n tipe foto het nie kan jy dadelik kreatief raak en ‘n gepaste foto vir ons instuur.

Daar is geen ouderdomsbeperking nie. Of jy nou ‘n gesoute ondersteuner is of jou baba of kleuter wil inskryf, dit sal werk.

Let op die volgende:

• Die sluitingsdatum vir die kompetisie sal is 30 Oktober om 09:00.

• Die wenfoto (en moontlik ook van die ander inskrywings) kan in die Herald gepubliseer word.

• Die wenner sal ook telefonies gekontak word.

• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Brakpan.

• Meld ‘n kontaknommer in die e-pos.

• Inskrywings kan gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za

• Meld die woorde Go Bokke in die onderwerp kassie.

• Die waarde van die etebewys is R300 en is onderhewig aan sekere voorwaardes.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button