Local newsNewsSport

Anker Atletiek Klub vaar goed by die SA’s

Lede van die klub het medaljes ingeryg by die SA Kampioenskappe.

Anker Atletiek Klub het op op 29 en 30 September aan die South African Christian Schools Sport Association (SACCSA) SA Kampioenskappe deelgeneem.

Die kampioenskappe het by die Msunduzi Stadion in Pietermaritzburg plaasgevind, waar die sewe atlete van die klub 14 medaljes ingeryg het.

Vyf van die medaljes was goud, een silwer en agt brons. Daar was ook drie nuwe rekords deur die klublede opgestel.

Ethan Burger is as senior Gauteng seuns Victor Ludorum aangewys met ‘n totale puntetelling van 3 144.


Nadine van der Westhuizen met haar brons medalje vir verspring.

Uitslae van die dag was:

Nadine van der Westhuizen (o12) het ‘n brons medalje in verspring verower en ‘n vyfde plek los gehardloop in die 150m.

Morné Cilliers (o11) het ‘n brons medalje in die aflos gewen, en was negende in die 80m, sewende in die 100m en sesde in verspring.

Kaiden Herbst (o13) het twee brons medaljes in die 200m en 400m verower en ‘n vierde plek behaal in die 100m.


Ethan Burger in die verspring waar hy brons gewen het.

Kyla Vorster (o15) het ‘n brons medalje in verspring behaal, ‘n vierde plek in die 100m en ‘n vyfde plek in die 200m.

Colin van Wyk (o19) het saam met sy span ‘n goue medalje ontvang vir die Swedish aflos, sowel as die Suid-Afrikanse rekord verbeter. Hy was ook negende in die 100m.

Connor Wilson was deel van die Gauteng aflosspan wat goud gewen het en die rekord verbeter het. Hy het ook silwer gewen in die 400m, en vierde plek behaal in die 200m.

Burger (o19) was deel van die aflosspan wat gewen het. Hy het ook goud gewen in die 100m en 200m, waar hy albei rekords verbeter het, en ook brons medaljes in hoogspring, verspring en die 4x100m aflos.


ALSO READ: Mnr en Mej Stoffie 2023 aangewys

ALSO READ: CGA hails season-opening track and field event




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button