Local newsNews

Jong renjaer vaar goed in Spanje

Die leerder aan Hoërskool Die Anker het verstom met sy bestuursvernuf.

Ricardo Tebbutt (14) het onlangs aan die International Kartodromo Lucas Guerero T4 kart wedren in Valencia, Spanje, deelgeneem.

Hierdie Hoërskool die Anker leerder het Suid-Afrika verteenwoordig in die T4 junior kategorie, waar bestuurders tussen die ouderdomme van 11 en 16 van regoor die wêreld teen mekaar meeding het.

Ricardo het in die finale wedren in die tweede plek geëindig.

In die T4 kart wedren word elke renjaer dieselfde T4 voertuig gegee met ingenieurs op bystand om die bestuurders en hul werktuigkundiges te ondersteun.

“My grootste droom is om eendag in Formule 1 (F1) vir Redbull te ry. Motorsport is ‘n baie kompeterende sport, waar baie deelnemers op top vlak wil ry.

“Om in Suid-Afrika te bly en te probeer kwalifiseer vir F1 is moeilik, aangesien daar nie enige kwalifisering geleenthede op die oomblik is nie,” het Ricardo vertel.

“Dit was ‘n eer om Suid-Afrika te verteenwoordig en so ‘n gesogte T4 titel te wen.”


ALSO READ: Budgeting tips for homeowners

ALSO READ: Employer Interim Reconciliation Declaration Filing Season




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button