Local newsNews

Leerders maak hul somme

Micayla Barrie van die Laerskool Dalview het die top presteerder trofee ontvang.

Die Abakus Wiskunde Oos-Rand tak het gedurende Augustus weer aan die Gauteng Streekskompetisie vir Abakus Wiskunde deelgeneem.

Altesaam 377 leerders van regoor Gauteng het vir hierdie geleentheid ingeskryf. Bernique de Meyer (Hoërskool Stoffberg) het ‘n brons medalje ontvang.

Vonique Naudé (Laerskool Die Arend), Zamil Khan (Brenthurst Primary) en Eugene Lubbe (Laerskool Jan van Riebeeck) het silwer medaljes ontvang.

Izandri Pieters (Laerskool Dalview) en Ayva Lewis (Laerskool Schweizer-Reneke) het beide goue medaljes ontvang.

Micayla Barrie van die Laerskool Dalview het die top presteerder trofee ontvang wat beteken dat sy die eerste plek in haar kategorie behaal het.

Ayva Lewis en Micayla Barrie het ook ‘n trofee vir Attitude is Everything ontvang vir hul toewyding en harde werk.

Al hierdie leerders kwalifiseer om aan die nasionale kompetisie in Kaapstad deel te neem.


LEES OOK: Cell development project progresses at landfill site

LEES OOK: Dalpark Ext 1 community rallies together to keep their neighbourhood clean




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button