Soektog nadat ma van twee kinders verdwyn

Bernadine sou Saterdag terugkeer na haar ouerhuis.

Die ouers van ‘n 27-jarige vrou van Brakpan is rasend van kommer nadat sy nie Saterdag, soos afgespreek is, teruggekeer het na haar ouerhuis in Brakpan-sentraal nie.

Bernadine Aslett se ma, Rosie Aslett (55) het vanoggend (Woensdag) aan die Herald gesê dat haar dogter op 13 Augustus na vriende in Pretoria is, om te gaan kuier.

Volgens Rosie sou Bernadine Saterdag terug keer na haar ouerhuis, waar sy en haar twee jong seuns (5 en 9 jaar) gewoon het.

Volgens haar het sy en Bernadine nog Vrydag (25 Augustus) per WhatsApp gekommunikeer.

Bernadine is slank gebou met swart hare en blou oë. Sy is ongeveer 1.6m lank en weeg ongeveer 49kg.

Haar verdwyning is by die Brakpan SAPD aangemeld maar ‘n ondersoek is intussen ook deur Specialised Security Services (die maatskappy van Mike Bolhuis) van stapel gestuur.

Enigiemand met inligting kan vir Odette van Staden van Specialised Security Services kontak by 064 700 3023 of stuur ‘n e-pos na odettevs@mikebolhuis.co.za



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version