Local newsNews

Oom Bossie Bosman oorlede

Oom Bossie is in Brakpan gebore en het ook sy skoolloopbaan aan die Laerskool Kommando en die Hoërskool Stoffberg, waar hy in 1960 gematrikuleer het, voltooi.

’n Jare lange geliefde inwoner van die dorp, Pieter Bosman (81), of te wel Oom Bossie soos hy alom bekend was, is Vrydagaand oorlede.

Oom Bossie is in Brakpan gebore en het ook sy skoolloopbaan aan die Laerskool Kommando en die Hoërskool Stoffberg, waar hy in 1960 gematrikuleer het, voltooi.

Hy het vir homself ’n loopbaan in die SAPD uitgekerf; ’n beroep wat hy beoefen het tot en met sy aftrede.

Oom Bossie het met sy vriendelike en bedagsame persoonlikheid oral vriende gemaak en was op sy dag ’n kranige rugbyspeler en atleet.


ALSO READ: Imposter poses as Brakpan Herald journo


Hy het onder andere in die 60’s ’n derde plek behaal tydens die SA Kampioenskappe in die 100 treë-item.

Hy het ook op die rugbyveld uitgedraf vir die Oos-Transvaal hoërskole- en seniors spanne asook vir die Oos-Rand Bobbies.

Oom Bossie het die afgelope vier jaar in Pretoria by sy enigste seun Frikkie Bosman (52) gewoon.


ALSO READ: Just Wheels Women’s Day spoils handed over


Frikkie is self ’n bekende oud-inwoner van die dorp, wat sy skoolloopbaan aan die Laerskool Môrewag en die Hoërskool Stoffberg voltooi het.

Volgens Frikkie was sy pa baie lief daarvoor om te lees, radio te luister en rugby te kyk. Dit het hy nog dikwels gedoen met ’n glasie goeie rooiwyn in die hand.

Hy was ook ’n jarelange lidmaat an die NG Kerk, Dalpark Kaléo Gemeente.

Dit is ook uit dié kerk wat ’n gedenkdiens vir hom gehou sal word op 15 September om 11:00. Die kerk is geleë te Boekenhoutstraat 22, Dalpark.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button