Heugene Murray oorlede

Huldeblyke stroom in vir Heugene Murray nadat die tyding van sy dood gistermiddag (Dinsdag) bekend gemaak is.

Huldeblyke stroom in vir Heugene Murray nadat die tyding van sy dood gistermiddag (Dinsdag) bekend gemaak is.

Murray, ‘n bekende in die eiendomswêreld het meer bekendheid verwerf nadat sy been jare gelede geamputeer is na ‘n onsuksesvolle operasie.

Dié terugslag het hom egter nie in sak en as laat sit nie.

Hy het onder andere liggaamsbou beoefen en ook daarna gestreef om aan die Paralimpiese Spele deel te neem.

Later van tyd het hy betrokke geraak by atletiek afrigting waar vele jong atlete suksesvol deur hom afgerig is.

In 2014 het hy ook nuus gemaak toe hy die kruin van Mount Kilimanjaro bereik het.

Meer inligting sal volg.



LEES OOK: Oom Bossie Bosman oorlede

LEES OOK: Urgent appeal for pet food donations

Exit mobile version