Tiener publiseer eerste boek

Die Graad agt leerder het onlangs haar eerste kinderboek vrygestel.

Chané Ludik (15), ‘n Graad Agt leerder aan Hoërskool Die Anker, het onlangs haar eerste kinderboek getitled The adventures of Amy and Bo gepubliseer.

Die boek handel oor ‘n dogtertjie en haar geliefde hond wat in haar verbeelding die hele wêreld verken.
Chané se inspirasie vir die verhaal was haar hegte band met haar eie hond, Malie.

Victoria Illustrasies het die tekeninge vir die boek gedoen, en dit was self gepubliseer deur haar ma, Adele Gill (36), en deur Bidvest in die Kaap gedruk.

Adele, wat self ‘n talentvolle skrywer is, het alreeds vyf boeke gepubliseer, waarvan twee kinderboeke, twee Christelike fiksie en een ‘n romanse is. Sy is tans besig om aan ‘n Christelike dagstukboek te werk.


LEES OOK: Recognition of SASL to open doors to the deaf


“My ma het my geïnspireer om te skryf deur haar liefde vir lees en skryf. Sy het my aangemoedig om my verbeeldingryke gedagtes in stories te omskryf.

“Ek hoop om daardeur weer ander kinders aan te moedig om ‘n liefde vir lees te ontwikkel,” het Chané vertel.

Skryfwerk is wel net ‘n stokperdjie vir Chané, en haar eintlike droom is om ‘n veearts te word. Chané gaan veeartsenykunde studeer na skool en haar droom is om haar eie praktyk te besit.

Sy gaan wel nie ophou skryf nie, en hoop om nog vele boeke te skryf.

“Ek wil graag nog meer stories oor mense en hul diere vertel.”



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version