Local newsNews

Sluit aan by die GPF

Die Brakpan GPF funksioneer in verskillende sektors in die dorp.

Alhoewel die getal vrywilligers wat by die Brakpan GPF aansluit stadig maar seker groei, sal daar altyd ruimte wees vir nuwe lede.

‘n Nuwe groep GPF-lede het juis Saterdag by die Brakpan Polisiestasie bymekaar gekom om hul foto’s te laat neem vir hul identifiseringskaarte.

“Dit is wonderlik om te sien dat soveel nuwe patrolleerders by ons aansluit, met gretigheid om hul gemeenskap te help beskerm en met wetstoepassing by te staan,” het die voorsitter van die Brakpan GPF, Tinus Jordaan gesê.

Jordaan het in ‘n gesprek met die Herald verduidelik dat die GPF hand aan hand met die SAPD werk en dat meer vrywilligers altyd nodig is.


ALSO CHECK: SAPS stakeholders meeting proposes arrest protocol training


“Ons doen patrollies in die verskillende sektors en ons mikpunt is om, saam met die SAPD misdaad te beveg en wet en orde te handhaaf,” het Jordaan verduidelik.

“Ons streef ook daarna om die polisie en die gemeenskap saam te snoer en op die huidige oomblik is daar ‘n baie positiewe verhouding tussen die SAPD en die GPF.

“Ons kan egter nooit genoeg lede hê nie en ons doen ‘n beroep om persone wat passievol is oor misdaadbekamping en gemeenskapsbeveiliging om by die GPF aan te sluit.”

Die Brakpan GPF funksioneer in verskillende sektors in die dorp en vrywilligers wat graag betrokke wil raak kan vir Tinus Jordaan kontak by 083 768 5506.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button