VLU lede ingelig oor saad en bome

Die Brakpan-tak van die VLU vergader elke eerste Dinsdag van die maand.

Die Brakpan VLU tak het verlede Dinsdag vergader, en het ‘n besoek van Mayford saadverskaffers geniet.

Dames van die Vroue Landbou Unie in Brakpan het pakkies bone of mielies ontvang om te plant, sowel as kunsmis.

Ludwig Schaffner het met die dames gesels oor Mayford se reeks produkte.

Daarna het hy uigebrei oor die VLU se bome van die jaar, die Vanwykshout (boom Wisteria) en die Vals Olyf, en hoe om hulle te groei, versorg, en te benut in die klimaat van die Oos-rand.

Deurentyd het die dames lekkernye en tee geniet, en daarna is die verrigtinge afgehandel voor die dames afgesluit het.



LEES OOK: Sadag urges locals to support the LGBTQIAP+ for mental health

LEES OOK: Smit named Eastern Storm women’s batter of the year

Exit mobile version