Vermorsing van water weens veldbrand

Die omhulsels het heeltemal weggebrand en water het teen hoë druk uitgespuit.

‘n Veldbrand wat Woensdag in Minnebron uitgebreek het, het veroorsaak dat groot hoeveelhede water verlore gaan.

Die brand het twee watermeters op die sypaadjie van Koos Vorsterstraat beskadig.

Die omhulsels van die meters is afgesmelt, met die gevolg dat baie water by die beskadigde meters uitgespuit het voodat dit uiteindelik die volgende middag (Donderdag) deur die Stad van Ekurhuleni herstel is.

Die watermeters wat beskadig is, is wel net tydelik herlei met pype wat ingelas is en nuwe meters moet nog geïnstalleer word.


LEES OOK: Support the disabled on Casual Day 

LEES OOK: Residents to brace for weekend without much electricity




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version