Local newsNews

Lid van Just Wheels oorlede

Sy begrafnis vind Vrydag om 11:00 vanuit die Freeway Bybel Kerk in Boksburg plaas.

‘n Gewilde lid van die Just Wheels Motorklub en inwoner van die dorp, Danie Booyens (51) is Saterdag oorlede.

Danie, wat ook bekend was as Popeye, is in Boksburg gebore, waar hy grootgeword het.

Hy het in 2015 na Brakpan verhuis. Danie het sy eie onderneming, Supremo Doors bedryf.

Hy sal egter onthou word vir sy groot voorliefde vir voertuie en volgens ‘n kennis was ‘n Ford beslis sy gunsteling.

Sy Gunston Ford Anglia het hom veral baie na aan die hart gelê en hy het dié voertuig gereeld by die Just Wheels Klub en op ander geleenthede uitgestal.


LEES OOK: Koue demp nie Just Wheels se opedag nie


Dit was ook altyd ‘n droom van hom om op Zwartkops te ry en dié droom is vroeër vanjaar deur sy oom, Seef Fourie, moontlik gemaak.

Hy was voor sy afsterwe juis besig om sy Ford Anglia te herbou, sodat hy aan wedrenne kon deelneem. Benewens sy groot liefde vir voertuie het hy dit ook geniet om met sy boot uit te gaan en te ontspan.

Danie was ook baie handig met houtwerk en het selfs handgemaakte items aan ‘n kwekery verskaf.

Hy laat sy broer, Anton Booyens na, asook ‘n groot familie met wie hy ‘n hegte band gehad het. Sy begrafnis vind Vrydag om 11:00 vanuit die Freeway Bybel Kerk in Boksburg plaas.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button