Inwoner spog met indrukwekkende versameling voëls

Hierdie Brakpan Sentraal inwoner is baie lief vir diere en versamel voëls as 'n stokperdjie.

Pieter Cloete (68) van Brakpan Sentraal se versameling van sowat 200 voëls, asook papegaaie is ‘n lus vir die oog.
Hy hou van die voëls in ruim hokke by sy werkplek en by sy huis aan.

Elke paar of enkel voëltjie het hul eie groot hok en die versameling sluit onder andere in African Greys, Indiese Ringnekke, Fischers, Conures, Rosa Bourkes, en kanaries.

Pieter is baie lief vir diere oor die algemeen, en het ook twee koi dammetjies op sy erf, en honde.
Tog is sy grootste voorliefde maar die voëls.


Pieter Cloete het ongeveer 200 voëls in sy versameling.

Sy belangstelling het reeds op agtjarige ouderdom begin, toe hy saam met sy pa met met budgies, vinke, duiwe en kanaries, geboer het.

Later van tyd is sy belangstelling geprikkel en het hy uitgebrei na die meer eksotiese voëls, waarmee hy nou teel.

Op ‘n stadium het Pieter al sy voëls verkoop, maar het weer oor begin toe die gogga weer byt. Die oudste voël in sy versameling is ‘n African Grey van so 15 jaar.


Pieter het ook hierdie White Indian Ringneck paartjie.

Pieter vertel hy boer met die voëls met die doel om hulle te versamel en nie om hulle te verkoop nie.

Hy sal so nou en dan verkoop as hy nie meer plek het nie, maar die voëls is vir hom ‘n stokperdjie wat hom rustig maak.

Op ‘n stadium het Pieter Macaws gehad, waarvoor hy baie lief was, maar hy het hulle verkoop. Hy sal graag weer Macaws wil aanhou, maar op hierdie stadium is hulle ongelooflik duur. Macaws is ook die duurste voëls wat Pieter al besit het.


Een van Pieter se ringnekke, genoem ‘n Plum-Headed Parakeet.

Die goedkoopste is van die Fishers, waarvan die pryse onlangs aansienlik gedaal het. Pieter koop sy voëltjies op veilings, of by kennisse of vriende wat ook teel.

Om te sorg vir sy groot versameling het hy permanente versorgers aangestel wat die hokke skoon hou en die voëls monitor.

Die voël waarvan hy die meeste het is die African Greys, waarvan hy 40 paartjies het waarmee hy teel.


Een van Pieter se African Grey pappegaaie wat baie vriendelik is.

“Ek maak nie ‘n African Grey mak nie, as hulle mak is teel hulle nie,” het hy vertel.

Sy ander diere kry ook goeie versorging en aandag.

“Ek het sonkrag geïnstalleer vir my koi dammetjies, want as die water nie konstant vloei nie kry die visse nie suurstof nie. Met beurtkrag kan die pompe nie werk nie maar die sonkrag het die probleem opgelos,” het hy vertel.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version