Modelle bring besoek aan bejaardes

Eventide Ouetehuis, modelle, skenking, SA All-Star Models, Brakpan

‘n Groep modelle van verskeie ouderdomme het Saterdag besoek gebring aan die Eventide Tehuis om goedere te skenk, maar terselfdertyd ook tyd saam met die inwoners te spandeer.

Modelle van SA All-Star Models East-Rand asook van die Kempton Park- en Springs-tak het onder andere met toiletware, skoonmaakmiddels, en lekker eetgoed vir die bejaarde inwoners opgedaag.

Daar is ook handskoene uitgedeel en die inwoners het die geselsies, wat hulle met die besoekers kon aanknoop, terdeë geniet.

Dieselfde groep modelle het hul liefdadigheidsprojek ook ‘n stappie verder geneem en klere aan ‘n boom in Voortrekkerweg, naby die Weltevreden Woonstelle gaan hang.

Dié kledingstukke is byna onmiddellik deur behoeftige mense opgeraap.




LEES OOK: Dalview inwoner word ‘n gepubliseerde outeur

LEES OOK: Brief: Hekmotor verdwyn gedurende kragonderbreking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version