Dalview inwoner word ‘n gepubliseerde outeur

Elsabe Grobler het drie kortverhale geskryf wat in 'n bundel verskyn.

Elsabè Grobler (38) van Dalview was onlangs bevoorreg om drie van haar kortverhale in die bundel, Humor Tussen Blaaie as lid van SA Storieskrywers te publiseer.

Die bundel, wat deur Groep7 uitgegee word bevat Elsabe se stories Oerknal vir die Boeke, Die Shinning en Winkelwaentjie Kaskenades.

“Die kortverhale is ‘n humoristiese uitkyk op die lewe uit ‘n breë spektrum gefokus op verleentheid – van die biblioteek, na ‘n rykmansbuurt tot ‘n inkopiesentrum voorval om dit op te som,” het Elsabè vertel.

Elsabè se inspirasie kom van alle oorde, hoewel van haar verhale op ware gebeure gebaseer is, is van dit bloot ‘n geval van ‘skryf en kyk wat kom op die einde te voorskyn’.

Elsabè is ook onlangs genader om as spookskrywer op te tree, waar die kriteria, ouderdomsgroep en woordtelling van die verhaal vooraf bepaal is, wat die proses beide makliker en meer uitdagend maak.


LEES OOK: Brief: Dirk van der Hoffweg se toestand te wyte aan waterlek


“Dit kan enige genre in enige ouderdomsgroep wees,” sê sy.

Elsabè wil haar eie kortverhaal bundel propvol oorspronklike kortverhale, getiteld Vlinders en Varkies,uit haar eie pen volgende vrystel.

Sy sal ook graag ‘n volledige novelle wil skryf, as die woorde aanhou vloei en tyd dit sou toelaat. Die huidige idee vir die novelle is ‘n vooraanstaande lid van die gemeenskap wat betrokke is by dwelm- en mensehandel.

By die aanhoor van die nuus dat Elsabè se kortverhale gepubliseer gaan word het dit ‘onwerklik’ en ‘te goed om waar te wees’ gevoel.

“Ek het gehoop my stories sal goed genoeg bevind word, maar ek het geweet daar is so veel ander mense wat deelneem wat moontlik oor beter vaardighede beskik as ekself,” het sy verduidelik.

Sou jy ook die bundel wou bekom kan jy dit by Elsabè bestel by grobler.elsabe@yahoo.com



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version