Brief: Weldoeners help bejaardes

Dit is goed om te weet dat daar nog mense is wat uitkyk vir bejaardes.

Anzelle Viljoen skryf per e-pos:

My ouers (my pa is 81 en my ma 77) was voor verlede week na ‘n inkopiesentrum in Dalview.

Hulle het hul goedjies gaan koop en toe hulle uitkom was die een van hul voertuig se bande pap.

My pa kan skaars loop en kon nie die wiel omruil nie. ’n Karwag het dadelik nadergestaan om te help.

Ander mense het ook gehelp en die wiel is gou vervang. Ek woon in Alberton en was baie bekommerd toe my ouers gebel het om te sê dat hulle ’n probleem het.

Voordat ek self ’n plan kon maak was daar mense wat hulle gehelp het.

Dit is goed om te weet dat daar nog mense is wat uitkyk vir bejaardes. Ek weet nie wie julle is nie maar ek sê baie dankie.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version