Local newsNews

Agter ouma-grootjie ontvang groot geskenk

Dirkie Claassens kan nou weer dorp toe gaan en inkopies doen.

Nog ‘n inwoner van die dorp het onlangs ‘n skenking ontvang van ‘n mobiliteit-bromponie, wat deur ‘n anonieme barmhartige samaritaan geskenk is.

Dirkie Claassens (79) van Brenthurst het op 29 Mei haar nuwe bromponie ontvang en moes slegs ‘n nuwe laaier en battery aanskaf.

Dirkie sukkel al vir ‘n ruk lank om te loop weens hartversaking, asook hoë bloeddruk en cholesterol.

Sy is bang vir val, aangesien sy ongeveer ‘n jaar gelede geval het en haar hand gebreek het.

“Die bromponie gee my weer kans om rond te beweeg sonder vrees,” het sy vertel.

Die merkwaardige vrou is ma van nege kinders, ouma vir 29 kleinkinders, ouma-grootjie vir 45 kinders, en agter ouma-grootjie van een.

Haar kinders voel geseënd met Dirkie in hul lewe en is ook dankbaar vir die anonieme weldoener.



LEES OOK: Dief steel man se mobiliteit-bromponie

LEES OOK: Weldoener skenk mobiliteit-bromponie om gesteelde een te vervang

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button