Local newsNews

Inwoners gaan self lang gras sny

Selfs vroue het aangebied om te leer hoe om die trekker te ry en self gras te sny.

Die lede van die Dalpark Een se Huiseienaarsvereniging het onlangs ‘n trekker aangeskaf om in die toekoms self die gras in die woonbuurt te sny.

Die buurt beskik oor van die grootste parke in die dorp en inwoners is nie meer tevrede met die dienslewering van die Ekurhuleni metro se Parke afdeling nie.

Dalpark Een inwoner en voormalige voorsitter van die Huiseienaarsvereniging, Bart Zaayman het gesê dat die trekker en die implement wat nodig is om gras te sny aangekoop is deur skenkings wat deur lede van die vereniging gemaak is.


ALSO CHECK: Tiener herstel na tragedie by ‘groot gat’


“Dit help nie om agteroor te sit en te wag dat ons woonbuurte se gras ordentlik gesny word nie,” het hy gesê.

“Ons het ‘n groot groep positiewe inwoners wat bygedra het sodat die aankoop van die trekker kon realiseer. Inwoners neem eienaarskap van die trekker en bied aan om areas naby hul huise self te sny.

“Daar was selfs vroue wat hul hand opgesteek het en bereid is om te leer hoe om die trekker te bestuur en gras te sny,” het Zaayman gesê.

Die vereniging, onder voorsitterskap van Khalid Peer, beskik oor ‘n instandhoudingsfonds wat aangewend sal word om diesel vir die trekker aan te koop.


ALSO CHECK: Communities encouraged to band together to fight crime


Die vereniging het ook ‘n goed toegeruste waentjie wat ingespan word om brande te blus.

“Voorheen moes ons altyd ‘n bakkie in die hande kry om die waentjie na ‘n brand te sleep maar nou kan ons die trekker ook daarvoor gebruik,” het Zaayman verduidelik.

Die Massey Ferguson 135 trekker lyk soos nuut nadat dit deur Chako Paneelkloppers gespuitverf is en sal in die toekoms sorg dat onooglike lang gras in die woonbuurt iets van die verlede is.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button