Local newsNews

Tiener herstel na tragedie by ‘groot gat’

Die tiener is op die herstelpad.

Die 14-jarige tiener wat op 10 April beseer is toe sy in die groot gruisgat in Sherwood Gardens na bende getuimel het, sterk goed aan.

Die Herald het op 21 April berig oor die tragiese voorval toe Johan Viviers, of Apie (40) soos hy bekend was, oorlede is toe hy tot die tiener se redding probeer kom het (Man serf toe hy kind wil red).

Haar ma, Mariska het Maandag aan die Herald gesê dit gaan onder omstandighede goed met haar dogter.
Sy het versoek dat haar naam nie gepubliseer moet word nie.

Die tiener was saam met ‘n groep mense by die ‘groot gat’ toe sy gegly het en tientalle meters na onder geval het.


Die letsel aan die skouer van die tiener wat in die gruisgat geval het.

Sy het onder in die water te lande gekom en in die proses ‘n ernstige besering aan haar skouer opgedoen.

“Ons is nie seker op watter stadium sy op haar skouer geval het nie. Dit kon gebeur het toe sy na onder geval het,” het Mariska gesê.

Apie het dadelik gereageer en het self in die gat afgeval en noodlottige beserings opgedoen.

“My kind het ‘n operasie aan haar skouer ondergaan en is tans besig met fisioterapie. Sy kan nog nie haar arm hoog oplig nie, maar ons glo en vertrou dat dit sal regkom.”


LEES OOK: Hypertension is a silent killer! Don’t be caught off guard


Mariska vertel haar kind se emosionele herstel is ‘n knou toegedoen is toe ‘n hegte vriend van die gesin op 4 Mei in ‘n bromponie ongeluk in Brakpan oorlede is.

Dié oorledene was ook die aand onder die groep vriende wat by die gruisgat was.

“My kind het nog met die voorval by die gat en Apie se dood gedeel toe kom die tyding van ons vriend ook. Dit is nie aldag maklik nie.”


LEES OOK: Life Dalview Hospital celebrates nurses’ vital role in patient care on International Nurses Day


Volgens Mariska kan die tiener nie veel van die val onthou nie.

“Sy sê dat sy gegly het maar van die gebeure daarna kan sy nie veel onthou nie. Sy was kort nadat sy uit die hospitaal ontslaan is weer terug na haar skool.”

Mariska en haar twee dogters het intussen teruggekeer na die plek waar die tragiese voorval plaasgevind het en ‘n houtkruisie met helder geel sonneblomme aangebring aan ‘n boom as herinnering aan Apie se heldedaad.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button