Agtien honde hou saam partytjie

Die partytjies het elke jaar 'n ander tema.

Daar was onlangs weer ’n groot partytjie gehou in die huis van Elize Steytler (42) van Dalview. Die 18 partytjiegangers was egter nie mense nie maar Pekingese hondjies wat ’n fees beleef het.

Elize is bekend daarvoor dat sy haar Pekingese honde (sy het op die oomblik 12) jaarliks met ’n gesamentlike verjaarsdagpartytjie bederf.

Vanjaar was die tema van die partytjie Paw Patrol en was daar ook ses ander Pekingese honde, wat as gaste saam gekuier het.

Elize het die instelling jare gelede begin en dit dien ook as herinnering aan drie van haar eerste Pekingese wat in 2019 en 2021 dood is.


Die 18 Pekingese hondjies het lekker gesmul aan die eetgoed wat by die partytjie voorgesit is.

Die 18 hondjies het beslis ook nie rede gehad om neus op te trek vir die heerlike eetgoed wat op die partytjie spyskaart was nie.

Dit het onder andere ingesluit: pupcorn (honde springmielies), puppy chow mix (gemengde honde kos), hot dogs (stukkies gesnyde worsies), bone crackers (honde koekies), fetch sticks (honde stokkies) asook flatties en biltong.

Die verjaarsdagkoek was ‘n vanillakoek en die bypassende dekor en ballonne het die partytjie mooi afgerond.

Benewens die jaarlikse verjaarsdagpartytjie kry elke honde-kind van Elize ook elke jaar ‘n Kersgeskenk. Haar huidige kroos se ouderdomme wissel van twee tot 15 jaar.


LEES OOK: Pet owners need to look further than the SPCA for their lost pets


Sy vertel dat die honde almal aangeneem is. Haar nuutste hond, Sophie, is verlede jaar by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging aangeneem.

Elize en haar gesin glo jy red ’n lewe deur ’n dier aan te neem en leef by die volgende slagspreuk: “Adopt, don’t shop”.

Sy voel ook sterk oor sterilisasie.

“Een van die grootste geskenke wat mense vir hul diere kan gee, is om hulle te laat steriliseer,” het Elize in ‘n vorige onderhoud met die Herald gesê.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version