Local newsNews

Die Anker klop Hugenote

Die kragmeting van die twee skole se eerste rugbyspanne het vir groot opwinding gesorg.

Hoërskole Die Anker en Hugenote het op 15 Maart kragte gemeet in die NWU Prestige sportreeks.

Die derby wat plaasgevind het op Die Anker se velde, het heelwat toeskouers en belangstelling gelok.

Die hoogtepunt was die stryd tussen die twee skole se eerste rugbyspanne.

Die Anker se span het ‘n goeie dag beleef en het sy ondersteuners behoorlik laat juig.

Met die man van die wedstryd was beide AJ Roux en die losskakel Benton Giessing, wat twee drieë gedruk het.

Die Anker was te goed vir Hugenote op die dag en het die wedstryd met 36-0 gewen.

“Al die wedstryde was in uitstekende gees gespeel en hopelik is dit die herlewing van ‘n jaarlikse bepaling,” het ‘n woordvoerder van Die Anker gesê.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button