Local newsNews

Dansgroep swaai lyf langs die veld

Die seuns wou deel wees van atletiekbyeenkomste, al was hulle nie op die baan of veld nie.

Hoërskool Stoffberg se ‘Sidekicks’ groep het hulself onlangs tydens die interhoër bekendgestel. Met ‘n mengsel van hip-hop en ‘freestyle’ dans het hulle behoorlik beïndruk.

Dié groep rasieleiers, wat uit 10 seuns bestaan, wou graag meer betrokke wees by atletiekbyeenkomste, alhoewel dit eerder langs die baan as op die baan is.

In die verlede was seuns deel van die amptelike rasieleier span.

Dit was egter gewoonlik seuns, wat na afloop van die atletiekseisoen, moes begin rugby oefen en dit het dus veroorsaak dat die rasieleiers eksklusief uit dogters bestaan.


Dalwer atlete neem deel aan SA kampioenskappe


Tog wou hierdie seuns deel wees van die geesvang en het het hulle eie groep gestig om te dans en by byeenkomste op te tree. Die groep is in Januarie vanjaar deur Monique van Zyl en Lorinda Kern gestig.

Baie van die seuns was aanvanklik effe sku om op te tree, maar het gevind dat hulle selfvertroue baie gegroei het met optredes.

Hulle het ook vriendskappe ontdek wat hulle nie andersins sou maak nie.

Die groep hoop om in die toekoms ook weer by die dogters rasieleiers span aan te sluit maar sal steeds as hul eie groep funksioneer.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button