Local newsNews

Barbarians For Christ maak ‘n draai in Brakpan

Dié groep doen kragtoertjies om die ys te breek voor hulle hul getuienisse deel.

Barbarians for Christ (BFC) het onlangs hul boodskap gedeel by Hoërskool Stoffberg, en hoop om ook in die toekoms al die skole in Brakpan te besoek.

Die groep vrywilligers verkondig die woord van die Here onder leiding van Tonie van der Westhuizen.

Die groep is in 2015 in Kempton Park gestig, waar Pastoor André Roodt ‘n paar sterk manne bymekaar gebring het om kragtoertjies uit te voer terwyl hulle hul getuienisse verkondig.

Die groep is geïnspireer deur die Amerikaanse span, Team Impact, maar anders as die span is die toertjies minder deel van die vertoning en meer net ‘n ysbreker.

BFC se missie is om hoop in Christus aan die jeug van Suid-Afrika te versprei. Die groep het in die verlede die Sonneveld Akademie besoek en was onlangs by die AGF Kerk, Brakpan.

Hulle het ook by die Dalview NG Gemeente se @Faith jeuggroep Vrydag besoek en beplan om in die toekoms ander skole en kerke in die dorp te besoek.

Skole of jeuggroepe wat die Barbarians wil nooi om gratis by hulle te kom uitreik, kan ‘n epos stuur aan enquiries@barbariansforchrist.com


ALSO READ: Pedestrians, cyclists and joggers urged to be cautious

ALSO READ: Twee leerders sluit aan by Laerskool Brakpan-Oos se leerlingraad




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button