Vroue leer om te skilder

Die lede het ook hulle maandelikse artikels vir beoordeling ingedien.

Lede van die Vroue Landbou-unie Brakpan-tak het Dinsdag hul maandelikse vergadering bygewoon, waar hulle geleer het om met waterverf te skilder.

Alet Neveling het die waterverf klas aangebied, ter voorbereiding vir die artikel kompetisie later in die jaar.

Lede se inskrywings in verskeie kompetisie afdelings is ook beoordeel en die punte is bekend gemaak.


Donate blood this Human Rights Day weekend


Die wenner vir die biltongtert en tamatiekonfyt is Magda Kotze.

Vir die tee net is dit Jeanette Minderon, vir die skryfwerk Elsabe Grobler en vir die ope-afdeling is dit Myra Smit met ‘n trui.

Die Brakpan VLU vergader elke tweede Dinsdag van die maand by die Just Wheels Motorklub se klubhuis.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version