Local newsNews

Aanranding kan jou in groot moeilikheid laat beland

Die hoeveelheid voorvalle van aanranding wat in die dorp voorkom, of selfs waar persone gedreig word met aanranding is drasties aan die toneem en 'n groot rede tot bekommernis vir die Brakpan SAPD.

Die hoeveelheid voorvalle van aanranding wat in die dorp voorkom, of selfs waar persone gedreig word met aanranding is drasties aan die toneem en ‘n groot rede tot bekommernis vir die Brakpan SAPD.

‘n Persoon kan hom of haarself op twee maniere aan aanranding skuldig maak. Dit kan wees met die uitoefening van geweld óf deur ‘n persoon te dreig met onmiddellike persoonlike geweld.

Volgens inligting kom voorvalle veral toenemend oor naweke voor en gaan dit dikwels gepaard met die gebruik van alkohol.

Die nagevolge vir ‘n persoon wat van aanranding aangekla en skuldig bevind word is veelvoudig.

Nie net sal die persoon (indien skuldig bevind word) ‘n kriminele rekord hê nie, maar is daar ook ander faktore wat in die toekoms ‘n negatiewe rol sal speel.


ALSO READ: Weekend arrests


“Die aansoek vir vuurwapenlisensies, werkaansoeke en emigrasieprosesse kan alles daardeur geraak word,” het ‘n polisie woordvoerder verduidelik.

“Mense is ook geneig om hand uit te ruk by kuierplekke en ‘n vuisgevegte kan maklik lei tot ‘n aanrandingsaak of ‘n ernstiger aanklag, wat ‘n baie groot impak op die skuldige persoon kan hê.”

Alle aanranding sake wat aangemeld word, eindig in arrestasie en oortreders moet in die hof verskyn.

“Die SAPD beskou hierdie oortredings in ‘n baie ernstige lig en sodanige sake kan nie bloot teruggetrek word wanneer ‘n party of beide die partye tot hul sinne gekom het nie.

“Ons maan die publiek om hulself nie aan fisiese aanranding skuldig te maak nie en om te waak daarteen om ‘n persoon te dreig met onmiddellike persoonlike geweld,” het die woordvoerder gesê.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button