Vroue woon suksesvolle VLU konferensie by

Vrou Landbou-unie, Goudrif Streek, konferensie, NG Kerk, Dalpark Kaleo Gemeente, Bakpan Herald kongres, SA president, Cindy Coetzee

Sowat 120 lede van verskeie takke van die Vroue Landbou-unie het op Saterdag Goudrif Streek Konferensie in Brakpan bygewoon.

Die konferensie, wat gesamentlik deur die Bakpan- en die Boksburg takke aangebied is, het in in die kerksaal van die NG Kerk, Dalpark Kaleo Gemeente, plaasgevind.

Die takke wat by die konferensie teenwoordig was het Brakpan, Boksburg, Carpe Diem, Dinwiddie, Jasmyn, Nigel en Kempton Park ingesluit.

Barbra Nell, die president van Overvaal asook die SA president van die VLU, Cindy Coetzee, was eregaste.
Dr Nico Smit van die Dalpark Kaleo Gemeente het die opening waargeneem.


LEES OOK: Dalwer altelete laat nie op hulle wag


Annie Coetzee, ‘n motiveringspreker, het ‘n topklas praatjie gelewer oor hoe om ‘n persoon se lewensverhaal te herskryf.

Die bekende lokale sanger, Danie van der Westhuizen, het as gaskunstenaar opgetree en het terselfdertyd ook gesorg vir die klank vir die oggend.

Een van die fokuspunte van die konferensie is om lede se handgemaakte artikels te beoordeel. Deur die jaar maak die lede verskeie artikels in allerlei afdelings.

Lede se artikels wat op takvlak presteer gaan deur na konferensie waar dit teen ander takke kompeteer.


LEES OOK: Just Wheels race to show off vintage and novelty cars


Die toppresteerders op die konferensie se artikels gaan deur na kongres, wat later in die jaar plaasvind, waar dit dan met ander streke kompeteer.

‘n Verdere die doel van die konferensie is ook om nuwe ampsdraers te verkies, in die geval waar huidige ampsdraers se termyne verstryk het.

Die Brakpan tak het die toekenning ontvang vir tak met die tweede meeste punte op konferensie.

Individuele prestasies van die Brakpan lede het gegaan aan Mary Ann Seargent (eerste plek vir gebak), Hester Voster (tweede plek vir gebottel), Delores van Rooyen (derde plek vir blomme en tweede plek vir fotografie), Alet Neveling (eerste plek vir skets).




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version