Kleintjies laat waai by inter-kleuterskole atletiekdag

Met optogte en krete was dit 'n behoorlike interskole atletiek byeenkoms, al het van die atlete in die middel van die baan gaan sit.

Verskeie kleuterskole van die dorp het Saterdag aan ‘n inter-kleuterskole atletiekbyeenkoms op die sportvelde van die Hoërskool Stoffberg deelgeneem.

Die deelnemende kleuterskole was Flip Flap, Rafiki, Devon Hulpsentrum, Brakanjan, Trippe Trappe Trone asook Laaities en Ladies.

Die atletiek is vooraf gegaan met ‘n optog waarna elke kleuterskool ook hul kreet uitgevoer het.

Kleintjies vanaf die ouderdom van een jaar het aan die dag deelgeneem, sommige met baie waagmoed en ander wat weer baie huiwerig was vir die groot oomblik.

Nietemin is die dag terdeë deur die ouers sowel as die kinders geniet. Voedsel vir die Brakpan Dierebeskermingsvereniging is ook ingesamel.


LEES OOK: 

City refers sinkhole to Council for Geoscience and Department of Mineral Resources and Energy


Exit mobile version