Local newsNews

Skole kan nou inskryf ir ATKV-Applous-koorkompetisie

Koorlede en koorleiers van alle Suid-Afrikaanse skole moet ’n knoop in die oor maak.

Die sperdatum vir inskrywings vir vanjaar se ATKV-Applous koorkompetisie is 28 Februarie.

Die meeste mense weet dat musiek ’n universele taal is wat van die vroegste tye af gebruik is om stories te vertel.

ATKV-Applous, die oudste skoolkoorkompetisie in die land, word al vir 46 jaar aangebied. In 2022 het 186 kore ingeskryf en die beoordelaars het 12 542 leerders hoor sing.

As jy voorheen ’n rondte van ATKV-Applous bygewoon het sal jy weet dat skool- en koorleiers dié landswye kompetisie ernstig opneem.

Wat ATKV-Applous so buitengewoon maak, is dat enige skoolkoor mag inskryf.


LEES OOK: Geluksdal Secondary School learner stabbed to death


Of daar nou 10 skoliere netjies staan en saamsing aan ’n gewyde lied en of daar 180 leerders is wat dreunskreeu en voete stamp, gaan dit hier oor die emosies wat deur sang gekommunikeer word.

Skoolkoorsang bring talle fasette byeen: spanwerk en dissipline, groepskommunikasie, ’n groeiende kennis van en genot in musiek, en spesiale optredes en toere.

Die slyp van koorlede (en koordirigente) verbeter interkulturele kommunikasie en ontwikkel koorsangers se selfvertroue.

Kore wat inskryf kan die hoogste gehalte en ervaring van beoordelaars, dikwels internasionale kenners, verwag.


LEES OOK: Lazarus Legacy Foundation continues to help others in tough times


Daar is verskillende kategorieë, en of jou skoolkoor nou bloedjonk, piepklein of van net een ouderdom of taal is, of net uit seuns of dogters bestaan, is daar ’n plek vir hulle by ATKV-Applous met die belofte van baie pret en goeie bemarking vir die skool.

Gee jou skool om vir sang – en boonop sang in Afrikaans? Spring dan vinnig om jou skoolkoor nóú vir ATKV-Applous 2023 in te skryf.

Navrae kan gerig word aan Bessie Keun by 012 804 5396 of per e-pos by Bessie@applous.co.za of Braam de Kock by 011 919 9012 of per e-pos by Braamd@atkv.org.za.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button