Besigheidsman oorlede

Dirkie du Plessis het nie gehuiwer om mense, veral bejaardes, te help nie.

Dirkie du Plessis, wat vir meer as 45 jaar die eienaar van Impala Electric was, is op 22 Januarie op die ouderdom van 76 jaar oorlede.

Hy het die besigheid tot in 2013 bestuur totdat hy, weens ‘n beroerte, nie meer kon werk nie.

Du Plessis was bekend vir sy bereidwilligheid om te help wanneer iemand ‘n probleem met elektrisiteit gehad het.

Vir hom het die tyd van die dag nooit saak gemaak nie. Al wat vir hom belangrik was, was om mense so gou as moontlik te help.


ALSO READ: It’s market and car boot time again on February 4


Hy is in Brakpan gebore, waar hy ook sy laer- en hoërskoolloopbaan voltooi het. Op 2 September 1966 is hy met Petro (74) getroud.

Hulle het vier kinders, Dirk du Plessis (56), Tinus du Plessis (54), Morné du Plessis (47) en Ronél Olivier (54), asook ses kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Hy sal onthou word as ’n toegewyde man wat gereeld bejaardes gehelp het met elektroniese probleme; dikwels sonder vergoeding.

Sy begrafnis het Vrydag vanuit die NG Moedergemeente plaasgevind.

Exit mobile version